Vyf kranige swemmers van Hoërskool Parel Vallei het fantastiese uitslae by die Suid-Afrikaanse vlak 3-streekkampioenskap in Oudtshoorn behaal. Die kampioenskapsbyeenkoms is van Maandag 22 tot Woensdag 24 Maart gehou. Simoné van der Merwe, Ian Kleynhans, Wesley van Wyk, Teon Kleynhans en Cara van der Merwe het die skool se naam hoog gehou en goeie tye in die swembad aangeteken. Teon (gr. 11) het bykans al sy bestaande tye verbeter, terwyl Ian (gr. 8) sewe medaljes – een goud, vier silwer en twee brons – gewen en vir die Suid-Afrikaanse nasionale junior swemkampioenskap (SANJ) gekwalifiseer het. Cara (gr. 11) het ses medaljes – twee silwer en vier brons – verower en Simoné (gr. 8) het ook al haar bestaande tye verbeter en ’n bronsmedalje verower. Wesley (gr. 9) het agt medaljes – sewe goud en een brons – verower en vir die SANJ-kampioenskap gekwalifiseer.


Haastige swemmers blink uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article