Hoërskool Parel Vallei het sy nuutverkose beheerliggaam sterkte tesame met die nodige wysheid en insig toegewens om die ouers, leerders en onderwysers van dié skool na uitnemendheid te lei. Die nuwe komitee (agter van links) is Richard McNally (nie-opvoeder), Darryl Spijkers (opvoeder), Paul Botha, Dawie Malan, Werner Kleinschmidt (tesourier), ds. Greg Blair (onder-voorsitter) en Megan Mol (hoofmeisie). Voor: Lindie Strydom, Linda van der Merwe (opvoeder), David Schenck (skoolhoof), Johan van der Spuy (voorsitter) en Nicola de Jager. Dylan Janse van Rensburg, die hoofseun, was afwesig toe die foto geneem is.


PV wens nuwe beheerliggaam sterkte toe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article