Arthur Andries het vroeër vanjaar, ná 15 jaar as die padpatrolliebeampte van Temperance Town Primêr, afgetree. Oom Arthur, soos hy aan leerders, ouers en onderwysers bekend is, was ’n ware steunpilaar vir almal en het ongeag die weer getrou toegesien dat die leerders die besige pad veilig oorsteek. Die skoolbestuur het sy opregte waardering en dank namens die skoolgemeenskap aan oom Arthur vir sy toewyding en lojale diens aan die skool uitgespreek.


Oom Arthur tree af

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article