Die opgewondenheid was groot toe die tennis- en netbalbane van die Hoërskool Parel Vallei ’n nuwe baadjie gekry het. Die oppervlaktes is onlangs opgeknap en Parel Valleiers geniet dit nou selfs nog meer om tennis en netbal op die splinternuwe bane te speel. Van die skool se onderwysers het ook besluit om mekaar uit te daag vir ’n wedstryd of twee – wat vir groot pret gesorg het. Van die skool se kranige sportsterre is agter Darren Hulett, Andrew Bosch, Lerize de Villiers, Jessica Lavies, Christelle van der Spuy, Annerie Griesel en Anouk Terblanche. Voor is Grace Wagner.


Nuwe bane bring groot pret

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article