Arno Schaake, ’n leerder aan die Hoërskool Strand, het Sondag 23 Mei aan die provinsiale motorfietsproewe in Grabouw deelgeneem. Dié kranige motorfietsryer neem sedert 2019 aan kompetisies deel en kwyt hom besonder goed van sy taak, aangesien die ander deelnemers almal volwasse mans is. Die 15-jarige is sedert agtjarige ouderdom tuis op ’n ysterperd en het in die Nomads Cape Trials ’n derde plek verower.


Wéét hoe om te balanseer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article