David Schenck, PV se skoolhoof, verwelkom die skool se nuwe adjunkhoof, Dricus Basson.


Die Hoërskool Parel Vallei het Dinsdag 1 Junie sy nuwe adjunkhoof, Dricus Basson, verwelkom.

Basson is ’n Bolander in murg en been en het in Wellington en later die Paarl grootgeword. Hy het in 1995 aan Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gematrikuleer, waar hy ná sy studies die afgelope ses jaar as akademiese vak- en graadhoof en as lid van die skoolbestuurspan gewerk het.

Buiten sy akademiese verpligtinge was hy ook die hoof van atletiek, fasiliteite en ’n hokkiespanbestuurder, maar nou is hy gereed vir en opgewonde om verder te groei en die Parel Vallei-skoolgemeenskap te dien.

Basson is bekwaam en bring ongelooflike ervaring van die private sektor sowel as die opvoedkundige sektor met hom saam. Hy beskik oor ’n meestersgraad in bestuur, nagraadse sertifikaat in opvoeding sowel as ’n Baccalaureus- en honneursgraad.

Buiten sy kwalifikasies en 10 jaar ervaring in die onderwys is sy belangrikste rol dié as eggenoot vir Elizna en pa vir sy vier kinders, Lana en Emma (14), Isabelle (9) en Philip (2).

In sy vrye tyd stap hy graag in die natuur en wanneer hy kans kry, lees hy.

Die twee belangrikste waardes waarvolgens Basson lewe, is integriteit en dankbaarheid.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article