Hierdie klein Lochie het Vrydag 20 Augustus besoek by die Hoërskool Strand afgelê. Hy is tans in gr. 1 by die Laerskool Lochnerhof en deel ’n gemeenskaplike belangstelling in die hoërskool. Sy naam is, heel toepaslik, Arend Janse van Vuuren en ná vele kere se soebat aan sy pa om asseblief ’n foto van hom saam met die arendsvlerke te neem, het sy droom waar geword. “Dankie, Arend, dat jy met soveel passie ’n foto saam met ons skool se trots, die vlerke van ’n arend, wou neem. Mag jy altyd daardie liefde vir ’n arend behou en ontwikkel in ’n arend wat jou naam gestand doen. Ons sien uit om jou eendag in gr.8 as ’n arend-kuiken by Hoërskool Strand te verwelkom,” het ’n skoolverteenwoordiger gesê. Foto:


Ta-ta-da, hier kom ’n Wonder Arend!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article