Die o.13A-seunstennisspan van die Laerskool De Hoop het vroeër vanjaar die Wes-Kaapse-uitdunrondes van die BNP Paribas RCS Rising Star- nasionale tennistoernooi gewen. Die talentvolle tennisspelers Hanno Bouwer, Nicolas Lourens, Nicholas Kruger en Manie Coetzee het Vrydag 17 September die SWD-, Boland- en Wes-Kaap-deel van die uitspeel-toernooi gewen en vir die eindronde van die toernooi, wat hierdie naweek (Vrydag 22 tot Sondag 24 Oktober) in Gauteng plaasvind, gekwalifiseer. Hier sal die tennisspelers van die Somerset-Wes-skool teen die ander provinsiale wenners meeding.


Toernooiwenners op pad Gauteng toe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article