Die toutrekkers van die Hoërskool Strand is steeds baie fluks aan die gang en het by die Wes-Kaapse kampioenskap, wat Saterdag 16 Oktober in Robertson aangebied is goeie prestasies behaal en talle medaljes gewen.
In die 560 kg-afdeling vir mans het Francois Uys ’n brons medalje verower, terwyl Brendan van Rooyen die goue medalje gewen het. Brendan het ook aan die 600 kg-afdeling vir mans deelgeneem en ’n goue medalje opgeraap, silwer in die 640 kg-afdeling vir mans en silwer en brons in die gemengde 560 kg-afdeling.
Durand van Deventer het in die gemengde 560 kg-afdeling vir o.23’s en die 680 kg-afdeling vir mans elk ’n brons medalje verower, asook ’n silwer medalje in die 640 kg-afdeling vir mans.
Melizza van der Merwe het brons in die 500 kg-afdeling vir meisies gewen, goud in die 500 kg vir o.23-trekkers, goud in die gemengde 580 kg-afdeling, brons in die gemengde o.23-afdeling vir 560 kg en goud in die 540 kg-afdeling.
Marconette Els het in die 500 kg-afdeling vir vroue ’n brons medalje gewen, in die o.23- gemengde 560 kg-afdeling brons, in die gemengde 580 kg-groep silwer en in die 540 kg-afdeling vir vroue goud.
Blaze Bosch het in die 600 kg-afdeling vir o.23-mans goud gewen, in die gemengde 680 kg-afdeling silwer, in die 640 kg-afdeling vir mans silwer en in die gemengde 560 kg-afdeling vir o.23’s ’n brons medalje.


