Die Laerskool Hendrik Louw het verlede Dinsdag (16 November) sy ryk geskiedenis met die onthulling van die gesogte Blou Gedenkplaat gevier. Dié 141 jaar oue skool in Strand is een van twee plaaslike skole – die ander is Somerset-Wes Metodiste Primêre Skool – wat op grond van ouderdom met die spesiale toeken­ning spog. Hendrik Louw is in 1880 met een onderwyseres gestig en is uit die Wesleyaanse kerk, waar Friedman & Cohen vandag is, bedryf. Die onderwyser Tertia Morris, wat sedert 1980 by die Laerskool Hendrik Louw is, was geëerd om die gedenkplaat op ’n spesiale byeenkoms te onthul.Foto’s: Jamey Gordon


Hendrik Louw vier mylpaal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article