Die Gordonsbaai-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n voertuig naby ’n uitkykpunt in Sir Lowryspas uitgebrand het en ’n onbekende man in die vlammehel oorlede is. Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste, is brandbestryders met ’n noodoproep om 20:06 na die toneel ontbied. “Brandweerspanne van Sir Lowry’s Pass en Strand het met hul aankoms die motorvoertuig aan die brand gevind met die insittende vasgekeer en onherkenbaar verbrand. Die brand is om 21:00 geblus en die toneel is aan die polisie oorhandig,” het Carelse gesê. Die provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel André Traut, het bevestig dat Gordonsbaai-polisielede om 20:20 op die voorval gereageer het. Luidens geverifieerde verslae word daar vermoed die voertuig het teen ’n geweldige spoed om die berg gejaag en dat die bestuurder moontlik in ’n draai in die pad beheer oor die BMW verloor het. Daar word verder vermoed dat die voertuig, wat gevolglik die berg ingeploeg het, weens die botsing in vlamme uitgebars het. Volgens ’n betroubare bron het ’n plaaslike familielid vorendag gekom nadat ’n geliefde nooit teruggekeer het huis toe nie en die beskrywing van die uitgebrande voertuig ooreenstem met syne. Hoew


Motor brand uit in pas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article