Hugan Engelbrecht, ’n inwoner van Strand en die skrumskakel van FNB KSUT, beheer dinge agter die oond in sy span se eersterondewedstryd in vanjaar se FNB Varsity-skild-kompetisie. FNB KSUT, die verdedigende kampioen, het verlede Vrydag (4 Maart) in die hoofwedstryd teen die tuisspan, FNB Rhodes, uitgedraf en sy veldtog met ’n 7-38-oorwinning van stapel gestuur. Die eerste- en tweederondewedstryde van die toernooi is van 4 tot 6 Maart in die Rhodes Great Field in Makhanda (Grahamstad) beslis. Die skild-aksie beweeg die naweek van 18 tot 20 Maart na die Universiteit van Pretoria se Tuks-stadion vir die derde- en vierderondeaksie. FNB KSUT meet Vrydag 18 Maart met FNB- TUT Vikings kragte en is ook Sondag 20 Maart in aksie teen FNB DUT. Foto: Deryck Foster/Varsity Sport


Strand se rugby-uitblinker

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article