Die Strandse bejaarde Anna Jeanetta Lenee, oftewel “Ouma”, het die afgelope naweek ’n 100-kersie op haar verjaardagkoek uitgeblaas! Die geliefde grootmoeder het verlede Donderdag (24 Maart) verjaar en is Saterdag (26 Maart) met ’n spesiale viering by haar Allan Boesak Village-tuiste bederf. “Ek voel baie gelukkig oor die mylpaal,” het Ouma gesê terwyl sy aan ’n southappie, voor die soetgoedjies, gesmul het. Sy het jongelinge verder met die vyfde gebod, “eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word”, bemoedig sodat hulle dalk ook eendag dié goue ouderdom sal haal. Daar is nog foto’s van dié verjaardagviering op bladsy 3. Foto: Jamey Gordon


Oud, maar nog nie koud!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article