Voor (van links) is Judith Mbolambi (sekretaris) en Billy Horne (voorsitter). Agter: Luthando Manisi (addisionele lid), Micheal van Wyk (addisionele lid) en Roger Doyi (hulpsekretaris). Gert Lombaard (addisionele lid) was afwesig toe die foto geneem is. Foto:

Credit: SYSTEM

’n Komitee is op die been gebring om sake van Chris Nissen-park en sy gemeenskap te behartig.

Billy Horne, die nuutverkose voorsitter van die Chris Nissen-park-komitee, sê komiteelede is op Dinsdag 1 Maart verkies en sal die gemenskap vir die volgende twee jaar dien.

“Ons is hier om as ons gemeenskap se mondstuk op te tree. Ons is hier om die middelman vir ons gemeenskap te wees,” sê Horne.

Hy sê die komitee wil graag deursigtig wees en mik daarna om eerlik op te tree.

“Ons het al vorige kere ander komitees gehad, maar hulle het skenkings vir hulself gehou en dit was nooit ’n komitee vir die gemeenskap nie.

“Ons is ’n komitee uit die gemeenskap vir die gemeenskap.”

Hy sê die komitee is daar om onnodige wrywing in die gemeenskap te vermy en hulle is die mense wat die polisie inkry as moeilikheid iewers ontstaan en wat die plaaslike raadslid sal bel om te kom help.

Horne reik uit na die gemeenskap en sakeondernemings en maan hulle om skenkings aan die komitee te doen.

“Ons as komitee rig ook ’n versoek dat niemand behalwe die komitee se lede vir skenkings of borgskappe vir Chris Nissen-park onderhandel nie.”

Hy bedank al die sakeondernemings en organisasies wat Chris Nissen-park en sy inwoners gereeld ondersteun.

Indien jy ’n skenking wil doen of ’n borgskap vir Chris Nissen-park wil aangaan, bel Billy Horne by 079 658 9451 of Judith Mbolambi by 072 503 3946.. Die komitee bestaan uit Billy Horne (voorsitter), Judith Mbolambi (sekretaris) en Roger Doyi (hulpsekretaris).

Die drie addisionele lede is Gert Lombaard, Michael van Wyk en Luthando Manisi.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article