Die toneelspan van die Hoërskool Strand wat verlede maand aan die ATKV-streekfees by die Baxter-teater deelgeneem het.


Vyftien leerders van die Hoërskool Strand het Saterdag 23 Augustus aan die Wes-Kaapse ATKV-streekfees by die Baxter-teater in Rondebosch deelgeneem. Altesaam 21 produksies is vir die streekfees ingeskryf en Jacques Bessenger en Ludwig Binge het as beoordelaars en mentors opgetree.

Die toneelspan van die Hoërskool Strand is met die volgende pryse vir hul harde werk beloon:. Clint Williams: brons vir toneelspel;. Lee-Ann Taljaard en Armin du Plessis: silwer vir toneelspel;. Danelie Pienaar: silwer vir verhoogbestuur;. Willene Theart (onderwyser): silwer vir regie;. Pierre van Schalkwyk: silwer vir draaiboek;. Anne Swart en Vincent Kruger: goud vir toneelspel;. Clint Williams, Miche Young, Vincent Kruger, Anne Swart, Armin du Plessis, Lee-Ann Taljaard en Nathan Nel: goud vir ensemble-spel.

Die “Padwerkers”, Danelie Pienaar, Micheal Heyns, Franko Stevens, Rohan Bezuidenhout, Cloete de Jager en Kaitlin Hughes, het eers drie weke voor die optrede by die toneelspan aangesluit. Hulle was dus ook van die ensemble-span.

Hoewel die span nie tot die eindronde deurgedring het nie, is die verhoogbestuurder, Danelie Pienaar, die ensemble-span asook Anne Swart en Vincent Kruger vir pryse benoem. Vincent het egter by die prysuitdeling met die louere weggestap nadat hy as die beste akteur in ’n ondersteunende rol aangewys is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article