Dié ses leerders aan die Hoërskool Parel Vallei – (van links) Anoxolo Maqubela, Bea Keuzenkamp, Anneh Mitrovich, Lara Terblanche, Ena-Mari Ozrovech en Zinathi Fukweni – het onlangs hul vlakdrie-netbalskeidregter-graderingseksamen met meer as 90% geslaag. Vlak drie is die hoogste teoretiese eksamen wat ’n netbalskeidsregter kan skryf op pad na die uiteindelike doelwit om ’n Suid-Afrikaanse gegradeerde skeidsregter te word. Anoxolo en Zinathi is boonop provinsiale netbalspelers, en Zinathi is na afloop van die Telkom SA Netbaltoernooi in Limpopo as een van die 35 beste o.17-spelers in die land aangewys. Alida Duvenhage, die hoof van PV Netbal, is self ’n SA gegradeerde skeidsregter en meen daar is nie sommer ’n skool met ses leerders wat reeds op hierdie vlak gegradeer is nie. “Ons hoop om ons ongeveer 40 spanne se netbalmeisies te help ontwikkel met verskillende vaardighede en verantwoordelikhede in die spel waarin hulle sterk is, hetsy as speler, skeidsregter, afrigter of tegniese beampte.”


PV se netbalspelers ken die reëls behoorlik

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article