’n Bekende kunstenaar en beeldhouer van Somerset-Wes wie vroeër die jaar sy werk uitgestal het in België se nuwe kunswerke word eersdaags uitgestal in Australië.
Lionel Smit, die eienaar van Lionel Smit-ateljee in Paardevlei, se vorige versameling van werke getiteld Pendulum, wat bestaan het uit 11 skilderye en agt beelde, was uitgestal by n solo-uitstalling by die KUBE-galery in Genk, België.
Smit se nuwe kolleksie kunswerke sal vanaf 20 Oktober tot 5 November te sien wees deur die publiek by die M Contemporary galery in Sydney in Australië.
Vir die sy nuwe werk het Smit besluit om portret skilder te gebruik as ’n vaartuig om ’n dialoog te voer tussen klassieke werk en ekspressionisme.
Met Smit se vorige uitstalling was die titel gewees Pendulum wat verwys het na die kontraste van ons wêreld. Die ying en die yang. “Pendulum het gewys hoe ons wêreld verander het en hoe die pendulum ‘swing’,” sê Smit.
Collide, Smit se nuwe uitstalling, verteenwoordig die opvolgende fase van Smit se voormalige uitstalling, Pendulum. Tydens sy vorige uitstalling het die pendulum aan die gang gebly maar nou met Collide kan mens die impak sien.
Volgens Smit het die pendulum nou ’n ideologiese muur getref en iets tussen die wild en die beeldskoon het uitgebreek in ’n energieke ontploffing van kleure.
Belangstellendes wie op 27 Oktober in Australië is kan ’n skemerkelkie-partytjie bywoon by M Contemporary galery wat sal plaasvind van 17:00 tot 19:00. Smit sal self ook by die partytjie wees. Belangstellendes kan ’n epos stuur na gallery@mcontemp.com.



