Die span met die beste tema/kleredrag was die Cowboys & Cowgirls van Helderberg Society of the Aged se Lancelot-aftreeoord.


Die Helderberg- senior sportdag, geborg deur die begrafnisonderneming Blue Crane Funerals, is Woensdag 5 Oktober by die NG kerk Suiderstrand gehou.

Altesaam 180 bejaardes van verskeie tehuise en aftreeoorde, waaronder Serenitas, Ametis en Altena van Die Strand Naastediens, Huis Van Niekerk Benadehof, Huis Jan Swart, Huis Soeterus en Huis Marie Louw van die ACVV-dienstak, vyf fasiliteite van die Helderberg Society for the Aged, die ACVV-Strand-dienssentrum sowel as Huis Pam Brink en Huis Esperanza van Strand Sorg het aan die sportdag deelgeneem. Die geleentheid is 47 jaar gelede deur Lea ter Haar, wat ook op die dag teenwoordig was, begin.

Verskeie speletjies en pryse was op die spel vir deelnemers van die 20 spanne wat ingeskryf het. Die oudste vroulike deelnemer was 97 en die oudste manlike deelnemer 91.
Die Serenitas-aftreeoord was die span met die hoog

Die Serenitas-aftreeoord was die span met die hoogste telling.
Die span met die beste spangees was Altena-aftreeo

Die span met die beste spangees was Altena-aftreeoord.
Die oudste manlike deelnemer was die 91-jarige Roe

Die oudste manlike deelnemer was die 91-jarige Roelf le Roux.
Kobie Liebenberg saam met Blue Crane Funerals se L

Kobie Liebenberg saam met Blue Crane Funerals se Lindsay Ebersohn en Christa Hofman.
Lea Ter Haar en Lindsay Ebersohn

Lea Ter Haar en Lindsay Ebersohn

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article