Die Strand-polisie doen ’n beroep op die publiek vir inligting wat kan help om hierdie gesteelde fiets op te spoor.
Die Specialized-fiets met ’n beraamde waarde van R100 000 is Maandag 3 Oktober uit ’n woning gesteel.
Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak en diefstal, en vra dat enigiemand met inligting die ondersoekbeampte, sersant Morne Albanie, by 021 854 9100 of 076 156 2074 moet bel.



