Die ou gaarde sê mens moet eers sewe sakke sout saam eet voor jy regtig kan sê jy is getroud.
’n Plaaslike paartjie, Nico en Hettie Scheepers van Summervale in Gordonsbaai, is al so lank getroud dat hulle al 14 sakke sout saam opgeëet het.
Die paartjie het op 14 Desember hul 65ste huweliksherdenking gevier. Die twee het in 1957 getrou nadat Nico vir Hettie op die dansvloer raak gedans het en dit was “love at first sight” en van daar is Nico reguit na Hettie se ouers om hulle te vra of hy met hul dogter kan trou.
Hettie het vir Nico voor die dag van geen kant af geken nie maar toe hy vra om te trou toe stem sy in. Hettie en Nico het drie kinders, vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders.




