Bloedvoorraadvlakke in die Wes-Kaap neem af, sê die Wes-Kaap Bloeddiens.Foto:

Credit: SYSTEM

Die Wes-Kaap Bloeddiens (WKBD) doen ’n beroep op alle huidige en voornemende skenkers om bloed te skenk, aangesien sy voorraad van bloed nou krities laag is.

“Ons beoog om altyd ’n bloedvoorraadvlak van vyf dae te handhaaf. Tans ervaar ons ’n kritieke tekort in die O-negatief bloedgroep, met net twee dae van voorraad oor. Die A-positief bloedgroep voorraad neem ook af, met net drie dae van voorraad oor,” het Marike Gevers van die WKBD verduidelik.

Die behoefte vir bloed en bloedprodukte neem jaarlikse toe. Om die provinsie se aanvraag vir bloed na te kom, moet die diens verseker dat hy sy daaglikse versamelingsteiken van 700 eenhede bloed bereik.

“Ons wil graag hê dat 1 tot 2% van die Wes-Kaapse bevolking aktiewe bloedskenkers moet word. ’n Aktiewe bloedskenker word geklassifiseer as iemand wat een keer ’n jaar skenk, alhoewel jy ses keer per jaar kan skenk. Nou is net 0,92% van die bevolking aktiewe skenkers, tog sal 75% van die bevolking in hul leeftyd bloed of bloedprodukte benodig,” het Gevers gesê.

As jy tussen die ouderdom van 16 en 75 is, 50 kg of meer weeg, in die algemeen goeie gesondheid geniet, en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, sal jy bloed kan skenk. Die skenkingsproses neem slegs 30 minute en jy kan elke 56 dae bloed skenk.

Gevers het verder geregistreerde bloedskenkers wat lank gelede bloed geskenk het, aangemoedig om na die naaste skenkingskliniek te gaan en hul lewensreddingsreis voort te sit.

Vir meer inligting, bel die WKBD by 021 507 6300, stuur ’n e-pos aan info@wcbs.org.za of besoek visit www.wcbs.org.za. Laai die WKBD-toepassing op jou selfoon af om die naaste kliniek te vind en ’n ogie te hou op die diens se bloedvoorraadvlakke.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article