Fhulufhedzani Demana van die provinsiale bosboudepartement saam met skoolhoof Jacques Horne, Jan Odendaal van die organisasie, Groen vir lewe, en skoolbemarker Franci de Jager. Die skool moes ’n awegaar koop om die bome te kan plant.Foto:

Credit: SYSTEM

Die Laerskool Hendrik Louw het danksy ’n hegte verhouding met die provinsiale departement van bosbou sy wense om die vervalle heining te vervang met een wat natuurlik groei, verwesenlik.

Dit is deel van sy visie om sy 150ste bestaansjaar in 2030 te vier.

“Ons moet ’n veilige leeromgewing hê en keer dat ongewenste karakters toegang tot die skoolterrein kry. Ons het nou doringstruike langs die heining geplant. Ons doel was om 150 bome vir ons skoolheining vir ons 150ste bestaansjaarvieringe in 2030 te plant. Die departement het ons droom oortref deur 450 bome te skenk – 250 daarvan is Kei-appels wat ons as ’n natuurlike heining gebruik en 200 waterbessiebome vir skaduwee,” lui ’n mediaverklaring. Die skool is tans besig om die geskenkte bome te plant en wil binnekort as die beste “boom-skool” in die land bekendstaan.

“Ons wil ons leerders die vele voordele van bome leer en hoekom dit so belangrik is om na ons natuurlike omgewing om te sien. Op hierdie manier wil ons ons skool as die kampioen-‘boom-skool’ in Suid-Afrika posisioneer.”

Die hele skool was betrek by die boomplanting en elke klas het ’n boom geplant. Hier is die gr.7E2-leerders wat slaggereed was om hul hande vir ’n goeie doel vuil te maak.

Die skool se Moompi-projekspan het ook ’n boom geplant.

Die gr.6A1-klas pronk by hul boom. Foto:

Hierdie groep gr. R-onderwysers het namens die klein voorskoolse Louwtjies ook saam ’n boom geplant.

Die rye kei-appels teen die skoolmuur en waterbessies wat oor ’n paar jaar veiligheid en skaduwee verskaf.Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article