Zaid Sulaiman (middel) van Helderberg Build & Save oorhandig verf aan Broidy Ortell, die bestuurder van Sencit. Shakoor Vallie (links), hoof van die RSNA-Helderberg-kampus, het die projek in die lewe geroep. Die borgskap help met die instandhouding van die ouetehuis.

Credit: SYSTEM

Die Robert Sobukwe-verplegingakademie (RSNA) se Helderberg-kampus in samewerking met Helderberg Build & Save gaan die Sencit-ouetehuis in Rusthof, Strand, ondersteun om hul fasiliteit in stand te hou.

Die RSNA hou maandeliks hul markdag by Strand Sekondêre Skool (SS) om geld hiervoor in te samel.

Verf is deur die akademie en Helderberg Build & Save oorhandig en Ziyaad Sulaiman van laasgenoemde maatskappy het ’n groot borgskap aan Sencit gegee om die geriewe in stand te hou.

Hierdie maatskappy gaan die instansie se bedrywighede monitor en hulle ondersteun.

Die volgende markdag van RSNA word vroeg in Mei by die hoërskool in Boundary-weg, Onverwacht, gehou. Die gemeenskap word aangemoedig om dit te ondersteun.

Die RSNA wil ook die studente komplimenteer dat hulle die dryfveer agter hierdie inisiatief is en besef dat hulle eienaarskap moet neem.

Die markdae bied die gemeenskap die geleentheid om iets vir hulself te verdien vir die dag.. Enigiemand wat ’n stalletjie (teen R80) wil bespreek, kan 078 392 9842 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article