SATERDAG 3 JUNIE
Strand: Almal se geliefde Liewe Heksie is terug! Dié keer span sy haar besem as ’n visstok in, maar dit sukkel maar om ’n vis te laat byt. Sy raak vreeslik opgewonde as sy wel daarin slaag. Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Verna Vels se immergroen verhale kry lewe met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. Dieselfde span het die ABSA-KKNK-Kanna-prys in 2022 vir die beste kinderteater ontvang en is in 2023 vir ’n Fleur du Cap-toekenning benoem. Die tydlose Liewe Heksie is perfekte vermaak vir die hele gesin en is vandag (Saterdag 3 Junie) by The Drama Factory om 10:00 en 12:00 te sien. Vir meer inligting of besprekings, besoek www.thedramafactory.co.za.
Strand: Huis Pam Brink hou van 08:30 basaar! Spek-en-eier-broodjies sal van 07:00 af te koop aangebied word. Besoekers kan ook uitsien na al die basaar-gunstelinge, waaronder poeding, pannekoek, witolifant-artikels, tweedehandse klere, handwerk, tuisgebak asook ’n kinder- en geskenke-tafel. Wegneemetes soos kerrie en rys, pampoenkoekies, braaibroodjies, boereworsrolle en hoenderpasteie sal te koop wees. Tee en ’n heerlike verskeidenheid tuisgebakte soet- en soutigheid kan in die teekamer geniet word. Let wel, die feestelikheid begin al Vrydagmiddag (2 Junie) met verkope van beesvleiskerrie en rys teen R60 per 500 ml-bakkie en boepensbroodjies (jaffels met kerrie- of gewone maalvleis asook hoender-mayo) teen R25 elk vir afhaal van 14:00. Vir bestellings en navrae, kontak Christine Combrink by 021 854 4579 of reception@strandsorg.co.za.
Somerset West: The Southey’s Car Boot (Southey’s Thrift and Second-hand Market) takes place at Southey’s Vines, 186 Main Road, from 08:30 to 14:00. Locals can look forward to an exciting day of bargain hunting and browsing delight. For bookings, contact Hayley via WhatsApp on 076 335 5116.
Stellenbosch: Die Evangelies-Lutherse Gemeente Stellenbosch–Somerset-Wes se 2023 Duitse Winterfest vind van 10:00 tot 13:00 by Hofmeyrstraat 26 plaas. Toegang is gratis. Kom kuier soos elke jaar saam en geniet heerlike Duitse spesialiteite: koffie en gebak, Bratwurst met aartappelsaai en Sauerkraut, aartappelpannekoek en Glühwein. Deli-produkte, boeke en vleisprodukte is ook te koop. Vir verdere inligting, stuur ’n epos na info@lutheranstellenbosch.co.za of skakel 021 887 5030.
DINSDAG 6 JUNIE
Somerset-Wes: Die Helderberg Senior-klub kom om 09:00 vir tee en verversings en 09:30 vir samesang en program by Die Tent, Helderberg NG gemeente in Firmount-weg, byeen. Gasspreker: Jurie Joubert. Onderwerp: “Hoe moet ek oud word? Wat kan ek doen om my in die proses te help?” Toegang kos R10 vir lede en R20 vir besoekers. Alle afgetredenes word hartlik na die byeenkom genooi. Vir navrae, bel vir Apolonia Maritz by 021 853 7560 of 082 507 7091.
WEDNESDAY 7 JUNE
Strand: The University of the Third Age (U3A) Helderberg meets at the Strand Town Hall for an informative presentation entitled The Power of Your Story by Dr Garth Japhet at 10:00 on Wednesday 7 June. Japhet will be sharing how he has used the power of story to shape his own life and to influence the lives of others for the better. Japhet is the CEO of Heartlines, an non-profit organisation that initiates large-scale social-change campaigns using feature films and TV series as a catalyst for training and community mobilisation to tackle society’s big issues, most recently the promotion of social connectedness. Trained as a physician with a specialty in maternal/child health, he previously co-created the pioneering multimedia edutainment platform Soul City, which has reached more than 50 million people in 10 Southern African countries through entertainment programming, community mobilisation and advocacy. Entry for members is free; visitors pay R20 at the door. For enquiries, contact Denise Fourie on 072 211 1173.
FRIDAY 9 JUNE
Somerset West: Somerset West Methodist Primary School hosts a Snack Dance with the Elginairs Band at the Strand Town Hall at 19:00. Dress code: Formal. Tickets cost R150 per person. Interested individuals are implored to bring their own refreshments and food platters. For more information, contact the school office on 021 852 2575.
WOENSDAG 14 JUNIE
Strand: Die Hottentots Holland-tak van die Vroue Landbouvereniging (VLV) vergader om 09:30 in die onthaalsaal van die Strand-Noord NG gemeente. Dit is ’n kleiner groepie wat interessante sprekers reël en handvaardighede uitstal en by gemeenskapsprojekte betrokke raak. Belangstellendes word hartlik uitgenooi om ’n gesellige oggend saam met die VLV-vroue te geniet. Vandeesmaand se spreekster gaan die regte klere vir verskillende figure bespreek. Klerekas-items wat gemeng en pas kan word, word vertoon. Vir meer besonderhede, skakel 083 601 9464.
VRYDAG 16 JUNIE
Strand: Die Suiderstrand Gemeente se om-die-wêreld kos-avontuur vind om 18:00 plaas. Eersteklas-kaartjies is teen R100 by die kerkkantoor beskikbaar. Kom besoek agt lande en smul aan ’n porsie kos en nagereg. Vir meer inligting, skakel 021 854 5076.
WEDNESDAY 28 JUNE
Somerset West: True Survival martial arts school at 75 Victoria Street hosts a three-hour teens self-defence course from 08:30 to 11:30. Interested teens from age 11 to 18 are welcome. The course is specifically designed to introduce participants to the principles of the Kalah Combat System and to give them a firm understanding of the basic concepts of dealing with violence and threats be that from their peers, adults or criminals. For more information, call 082 670 5279 or send an email to info@truesurvival.co.za.



