Kinderteatergenot was die afgelope Saterdag (3 Junie) by The Drama Factory op die planke toe Liewe Heksie in die Strand kom visvang het. Sy het haar besem met haar besoek as ’n visstok ingespan en ’n vis-kriklike vangs ingekatrol – ’n sokvis en skoenvis wat gaap! Karel Kat het die situasie probeer beredder met ’n mooi pienk visstok wat hy spesiaal aan Heksie geskenk het. Margit Meyer-Rödenbeck was die nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl het die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kafgedraf. Foto’s: Jamey Gordon


Hierdie dapper maat, Fourie, is uit die gehoor na die verhoog geroep om deel van die avontuur te wees. Hy moes Heksie help om Koning Rosekrans se kosbare silwer blom uit die kloue van die nare Geelheks te kry. Die spanmaats het flink gedink en die Geelheks met ’n wyse plan uitgelok. Sy was nie in haar noppies hieroor nie en het sommer na Heksie se “held” as “Nutmeg” verwys.

Die driejarige Alexa Lotz was een van talle kinder-gehoorlede wat tou gestaan het om haar foto ná die vertoning saam met Liewe Heksie te neem.

Die teatereienaar, Sue Diepeveen, saam met die Suid-Afrikaanse aktrises Erica Wessels en Roeline Daneel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article