Plaaslike biblioteke en ontspanningsgeriewe is onder verskeie Stad Kaapstad-fasiliteite wat hierdie winterskoolvakansie ’n verskeidenheid programme aanbied om jongmense besig en warm te hou.
“Die winterskoolvakansie leen hom nie tot baie buitelug-ondernemings nie, maar dit beteken nie dat kinders onaktief of verveeld hoef te wees nie. Ons het honderde programme wat vir die volgende paar weke beplan word wat hulle nie net sal help om die verveling af te weer en selfvertroue te bou nie, maar om besig te wees sal ons jeug help om die voorwaartse momentum te behou vir wanneer hulle wel terugkeer skool toe,” meen die Stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross.
Die Stad se biblioteke bied ’n wye reeks aktiwiteite aan van die gewone bordspeletjies, kuns en handwerk en flieks tot die meer ongewone soos wetenskapeksperimente en breiklasse.
Boonop bied die departement van ontspanning en parke ’n magdom geleenthede wat talle inheemse speletjies binne en buite, ’n verskeidenheid sporttoernooie en bewusmakingsprogramme insluit.
“Ek wil ouers aanmoedig om die geleentheid te gebruik om hul kinders hierdie vakansie konstruktief besig te hou. Ek twyfel nie daar is iets opwindends vir almal om die winter blues weg te jaag nie,” voeg Van der Ross by.
Boonop, om Jeugmaand te vier, sal die Stad se biblioteke vanaf Maandag 26 Junie tot Saterdag 1 Julie ’n boete-vrye week vir jongmense onder die ouderdom van 17 hê. Jongelinge word aangepor om gedurende hierdie tydperk uitstaande items terug te bring sonder om ’n boete te betaal.
Helderberg-biblioteke wat vakansieprogramme aanbied sluit Macassar, Sir Lowry’s Pass en Strand in. Die programme is soos volg:
Macassar-biblioteek (in Bind-laan) van 11:00 tot 12:00 op verskeie dae:
- Maandag 26 Junie – binnenshuise speletjies;
- Dinsdag 27 Junie – binnenshuise speletjies en inkleur;
- Woensdag 28 Junie – opvoedkundige aktiwiteite;
- Donderdag 29 Junie – storietyd en inkleur;
- Maandag 3 Julie – storietyd en inkleur;
- Dinsdag 4 Julie – televisie-kyk en inkleur;
- Woensdag 5 Julie – opvoedkundige aktiwiteit;
- Maandag 10 Julie – storie-lees en DVD’s-kyk;
- Dinsdag 11 Julie – binnenshuise speletjies.
Vir meer inligting, kontak vir Nontembeko Dyanti by 021 444 6787 of nontembeko.dyantyi@c
apetown.gov.za.
Sir Lowry’s Pass-biblioteek (in Brinkhuisstraat) van 10:00 tot 11:00 op verskeie dae:
- Maandag 26 Junie – skep ’n hoenderhen in ’n nes;
- Dinsdag 27 Junie – handwerk: wasgoedpennetjie-diere;
- Woensdag 28 Junie – luister na plaasstories en speel speletjies;
- Donderdag 29 Junie – inkleurkompetisie.
Vir meer inligting, kontak vir Louise Brink by 021 400 2424 of Louise.Brink@capetown.gov.za.
Strand-biblioteek (in Piet Retiefstaat) vanaf 10:00 tot 12:00 op die verskeie dae:
- Maandag 26 Junie – boekbingo en die winterleesprogram begin;
- Donderdag 29 Junie – stories en kunsvlyt oor diere wat in die winter hiberneer, en warm sjokolade en S’mores word hierna bedien;
- Maandag 3 Julie – bordspeletjies in die biblioteeksaal;
- Woensdag 5 Julie – ’n opvoedkundige program oor brande en veiligheid deur die Stad se brandweer-en-reddingsdienste;
- Donderdag 6 Julie – stories en kunsvlyt oor winter;
- Vrydag 7 Julie – Origami-werkswinkel in die biblioteeksaal;
- Maandag 10 Julie – Coding unplugged: Tanks (vir tieners) in die biblioteeksaal.
- Woensdag 13 Julie – stories en kunsvlyt met winteraktiwiteite;
- Maandag 31 Julie – boekbingo en winterleesprogram kom tot ’n einde;
- Vrydag 4 Augustus – toekenningseremonie vir leesprogram.
Vir meer inligting, kontak vir Tulisa Mahote by 021 444 3105 of Tulisa.Mahote@capetown.gov.za.
Vakansie-aktiwiteite word in die volgende Helderberg-ontspanningsfasiliteite aangebied:
Sir Lowry’s Pass-gemeenskapsaal in Sir Lowry’s Pass-weg (van 09:30 tot 16:00 op verskeie dae):
- Maandag 26 Junie – sokker, netbal, swaaibal, speletjies, Kerrim-bordspel, aflos- en eier-en-lepel-resies, teiken-gooi, en springkastele;
- Dinsdag 27 Junie – bordspeletjies, swaaibal, springtou, speletjies, dans, en Kerrim-bordspel;
- Woensdag 28 Junie – sokker, swaaibal, speletjies, netbal, eier-en-lepel-resies, springkastele, aflos-wedrenne en teiken-gooi;
- Donderdag 29 Junie – speletjies, sokker, springtou, hindernis-spele en Kerrim-bordspel.
Nomzamo-gemeenskapsaal in Michaelstraat (van 09:30 tot 16:00):
- Maandag 3 Julie – raak-rugby, mini-netbal en -sokker, bordspeletjies, springkastele, afloswedrenne, hindernis-spele en springtou;
- Dinsdag 4 Julie – speletjies, sokker, Kerrim-bordspel, springtou, springkastele en hindernis-spele;
- Woensdag 5 Julie – speletjies, sokker, Kerrim-bordspel, springtou, springkastele en hindernis-spele.
Vir meer inligting, skakel 074 806 1247 of stuur ‘n epos aan Anele.Sikiti@capetown.gov.za.



