Landbouweekblad bied eersdaags ’n familieboerdery-meesterklas met Theo Vorster by Devonvale Golf & Wine Estate in Stellenbosch aan.


Suid-Afrikaanse boerderye lewer ’n beduidende bydrae tot die nasionale ekonomie. Met die meeste van hierdie plase in familiebesit, bly die suksesvolle intergenerasie-opvolging van sulke ondernemings ’n uiters belangrike onderwerp.

Hoewel die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol in die veerkragtigheid van Suid-Afrikaanse plase vervul, kan ’n pa-en-seun-span (of dogter!) ook unieke kwessies ervaar as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie.

Die onvermoë om bestuurs- en eienaarsopvolging van een geslag na die volgende te beplan en uit te voer, is een van die vernaamste redes waarom familieboerderye misluk. Navorsing deur PwC toon dat 85% van plaaslike familieondernemings nie ná die derde geslag sal oorleef nie.

Met dit in gedagte gaan Landbouweekblad sewe meesterklasse oor familieboerdery onder leiding van Theo Vorster van Galileo Capital oral in die land aanbied.

Hierdie werksessies sal geskoei wees op die topverkoperboek Familieboerderye in Suid-Afrika, waar die ooreenkomste tussen van Suid-Afrika se voorste familieboerderye geïdentifiseer en bespreek word.

Hoewel talle familieondernemings merkwaardig suksesvolle sakemodelle bly as dit reg bestuur word, bly dit tragies wanneer ’n bate, wat oor geslagte opgebou is, tot niet gaan bloot omdat opvolging swak tot uitvoer gebring word.

Kom leer oor:

  • Opvolgbeplanning en konflikbestuur;
  • Doeltreffende besluitneming en rolverdeling;
  • Sakebestuur;
  • Boedelbeplanning; en
  • Sakebeginsels om die suksesvolle oorgang van ’n familieboerdery na die volgende geslag te verseker.

Die meesterklasse begin Woensdag 26 Julie in Stellenbosch.

Kaartjies kos R1 400 (sluit die topverkoper-boek, Familieboerderye in Suid-Afrika, in) plus ’n jaar se intekening op www.landbou.com. Mense wat twee kaartjies of meer koop, kry 10%-afslag.

Gebruik die promosiekode FB2023 en spaar ook as jy jou kaartjies vroeg koop.

Kaartjies is beskikbaar op Quicket of kontak events@landbou.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article