Die Kinders Van Die Ses: Kaasiefa Blaauw, Bilqeez Samuel, Insaaf Adams, Kasiefa Galant, Isgak Gabriel, Denzil Jacobs. Afwesig: Walter Adonis, Anusha Carelse en Ghakeem Roman.

Credit: SYSTEM

Die Strand United Church bied Vrydag 7 Julie ’n vertoning aan deur Kinders Van Die Ses (KVDS) by Dr. G.J. Joubert Primêr.

Volgens die organiseerders begin die vertoning teen 20:00 en kaartjies kos R120 per persoon.

“Ons kerk (Strand United Church) het KVDS genader om ’n vertoning te hou wat as ’n geldinsameling vir ons kerk sal dien,” sê Chevan Debiparsad.

Verversings sal by die vertoning te koop wees.

Die Strand United Church vier sy tiende bestaansjaar in Oktober vanjaar.

Bel Afton by 084 738 9721 of Bemesh by 071 850 3038 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article