Die afgelope skoolvakansie het Mieke Carr, ’n gr. 8-leerder aan Hoërskool Strand, Suid-Afrika by die dans-wêreldkampioenskap in Portugal verteenwoordig. Dit is ’n uitstekende prestasie, maar Mieke het ook weggeloop met die titel van wêreldkampioen in haar afdeling – “Junior Dancer Jazz Solo”! Sy het ook derde gekom (in die wêreld) in die “Showdance Solo” en agste in die “Lyrical Solo”.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article