Vrydag 3 November is Wêreldtoebroodjiedag en ter viering van die spesiale dag toegewy aan die nederige kosblik-stapelvoedsel word Helderbergers uitgedaag om hul doodgewone vulsels met iets spesiaals te vervang. Probeer hierdie wenresepte deur Food Lovers Market vir die beste happie wat gewaarborg is om hongermagies te stil en ’n leë kosblik te verseker.

Gelaaide steaktoebroodjie

Hierdie watertandlekker-toebroodjie bevat ’n vulsel van sappige biefstukkies tussen heerlike vars blaarslaai op ’n gesnyde panini. Hierdie toebroodjie is ’n perfekte balans tussen sout en pittige geur, en sal sekerlik jou drange bevredig. Maak gereed vir ’n heerlike toebroodjie wat jou sal laat toustaan vir meer!

Bestanddele

Vir die steak:

  • 800 g-1 kg steak, kamertemperatuur
  • Sout en peper na smaak

Vir die sous:

  • 125 ml (½ koppie) mayonnaise
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml (2 e) grasuie, fyngekap
  • 5-10 ml ryswynasyn
  • Sout en peper na smaak

Vir voorsit:

  • 4 panini’s, geroosterroketblare
  • 2 tamaties, dun gesny
  • Ingelegde rooi uie

So maak mens

Vir die steak: Geur die vleis mildelik met sout en peper aan albei kante. Verhit ’n braaipan oor hoë hitte. Plaas die vet-gedeelte op die warm pan en laat die vet versmelt. Opsioneel: as die biefstuk baie min vet het, voeg ’n skeut kookolie by die pan.Kook die vleis vir 4-5 minute aan elke kant. Plaas op ’n snyplank en laat rus die vleis vir 10 minute voordat dit gesny word.

Vir die sous: In ’n klein bak, kombineer die mayonnaise, knoffel, grasuie, ryswynasyn, sout en peper na smaak.

Om te bedien: Voeg ’n ruim lagie sous by die geroosterde brood, volg met roket, tamatieskywe, die gesnyde steak en ingelegde rooi ui om te geniet!

Gekruide avokadopeer oop-broodjie

Bestanddele

Vir die speserymengsel:

  • 5 ml (1 tl) brandrissievlokkies
  • 5 ml (1 tl) sout
  • 5 ml (1 t) paprika
  • 2,5 ml (½ tl) rooipeper

Vir die kruieolie:

  • 45 ml (3 e) ekstra suiwer olyfolie
  • 80 ml (1/3 k) basiliekruid
  • 80ml (1/3 k) pietersielie
  • Skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • Sout en peper na smaak

Vir die toebroodjie:

  • 1 avokadopeer, in die helfte en in dun skywe gesny
  • 2 snye Food Lovers se Duitse Landbrot, gerooster
  • 150 g kersietamaties, gerooster
  • 15 ml (1 e) amandels, gerooster en grofgekap

Aanwysings

Vir die speserymengsel: Meng al die speserymengsel-bestanddele in ’n mediumgrootte bak.

Vir die olie: Meng al die olie-bestanddele saam in ’n menger tot glad.

Maak die toebroodjie bymekaar: Plaas die gesnyde avokado op die geroosterde brood en bo-op met die geroosterde kersietamaties. Sprinkel die speserymengsel oor, gevolg deur ’n drup kruieolie. Eindig met die geroosterde amandels en geniet!

Mango, gerookte hoender en sweet chilli mayo bagel

Gerookte hoender en mango smaak subliem saam; ’n paring wat binnekort jou gunsteling sal word. Druk dit op ’n bagel met ’n bietjie roomkaas of feta, en soet brandrissiesous vir ’n super maklike middagete! As avokadopeer in seisoen is, voeg ’n bietjie avo by hierdie bagel vir ’n besonderse maaltyd. Nie ’n aanhanger van bagels nie? Ons is nie seker hoekom nie, maar jy kan hierdie geurkombinasie in ’n slaai of gewone toebroodjie geniet.

Bestanddele

  • 4 sesam bagels
  • 80 ml (1/3 k) mayonnaise
  • 80 ml (1/3 k) soet brandrissiesous
  • Roket, na smaak
  • 200-300 g gerookte hoender, in skywe gesny
  • ½ mango, geskil en in skyfies gesny
  • Sout en swartpeper, na smaak

Hoe gemaak

Sny die bagels in die helfte. Meng die mayonnaise en soetrissiesous en geur na smaak met sout en peper. Smeer die soetrissie-mayo op die bagelhelftes. Bo-op die onderste helfte met die roket, gevolg deur die gerookte hoender en mango.

*Opsioneel – Rooster die bagels in ’n roosteroond vir ekstra krakerigheid.

Bron: foodloversmarket.co.za/recipes/; resepte aangepas en vertaal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article