Die markbestuurders Annalie Möller en Louis Koekemoer het besoekers Saterdag 4 November vir die laaste dag van die gewilde feesmark by die Lourensrivier NG kerksaal verwelkom. Die mark het vanjaar, soos gewoonlik, Helderbergers weer eens die geleentheid gebied om heerlik rond te snuffel en te kies en te keur tussen ’n verskeiden­heid gehalteprodukte, waaronder juweliersware, klere, speelgoed, blomme en tuisgemaakte lekkernye – alles teen weggeepryse. Die feesgeleentheid het Vrydag 20 Oktober begin en is met meer as 110 uitstallers vir die 21ste jaar aangebied. Foto’s: Jamey Gordon


Ma-en-dogter-paartjie Sandra Williams en Candice Stone.

Die markbestuurders en gemeentelede het hul dankbaarheid vir hul pligsgetroue grys helpers uitgespreek. Oom Flip Huysamen (90) en tannie Marie Roux (88) help al vir jare by die feesmark.Foto: Verskaf

Die Frantz-gesin het die mark geniet. Hulle is Myrna, Ezra en Edwina.

Willmi Moolman en Milano Geel het geselsies buite die kerksaal aangeknoop terwyl die sussies Ataliah en Hymne Geel die tuin verken het.

Reesje en Leon Koen saam met hul dogters, Mikayla en Michelle.

Sharon Bands het die mark saam met haar kleindogter, Kate, besoek. Die jongeling en haar ouma het nie net kosbare tyd by die mark deurgebring nie, maar dit blykbaar ook geniet om die juweliersware deur te snuffel – veral omdat die jongeling baie van kralewerk hou.

Melissa Young en haar kinders, Aney en Leo.

Vriendinne Chané Cilliers en Melissa-Sue Engelke het saam met hul eggenote en kroos by die mark ingeloer. Agter (van links) is Gerhard Cilliers en Leonard Engelke. Voor: Mieke Engelke, Alona Cilliers, Amé Cilliers, en Lené Engelke met vierpotige vriend, Coco Cilliers.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article