Die Hoërskool Strand is trots op een van sy onderwysers, Marcus Pretorius (foto regs), wat die geleentheid gehad het om die San Clemente Rhinos se o.18-meisiespan se hulpafrigter en spanbestuurder vir die International Tens Championship (R10C) te wees. Dié sportgeleentheid het in November plaasgevind. Die meisiespan het uit ’n klomp Amerikaanse meisies asook plaaslike talent van Suid-Afrika bestaan. Die meisiespan, met leiding van die hoofafrigter, Isabela Consalves van Meksiko, en Pretorius, het pragtige rugby gespeel. Die Rhinos o.18-meisiespan was die wenners van die o.18-akademie-meisiesafdeling. Die R10C het hierdie jaar ’n nuwe toevoeging tot die toernooi gemaak deur die gemengde spel by te voeg, wat behels dat seuns en meisies saam in een wedstryd speel, waar die seuns teen seuns een helfte speel en dan die meisies teen meisies in die ander helfte. Die twee helftes se tellings is bymekaar getel en dan is die wenspan bepaal. Die Rhinos o.18-seuns en -meisies het ook in hierdie eindronde gespeel en is ook as die wenners van die o.18-gemengdespel aangewys. Die meisies behaal dus eerste plek en wen ook twee goue medaljes in dié toernooi. Pretorius sê “dit was ’n groot voorreg en eer om betrokke te wees”.


In verdere R10C-nuus: Bo: Grezano Plaatjies, ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Strand, het vir die Honeybadgers o.18-seuns gespeel, waar hulle die wenners van die o.18-seunsafdeling was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article