Onder die besoekers was Hein Coetzer, wat op die foto die idee agter die vertoonlokaal uitbeeld – om klante elke moontlike oplossing vir hul unieke behoeftes in enigiets van kombuiskaste, toonbanke en verskillende afwerkings tot krane, verfkleure, vloere en teëls, en selfs blindings en gordyne, te kan wys; ook om te kan vat, te voel en te sien hoe goed prakties werk.
The Creative Design Hub fokus op alles vir verskillende kombuisstyle, hardeware en afwerkings. Die vertoonlokaal bied verskeie opsies vir ’n verskeidenheid vertrekke, insluitend kombuise in vyf verskillende style gebaseer op tendens en luuksheid, maar ook bekostigbaarheid en eenvoud. Maatskappye wat bygedra het tot The Creative Design Hub is IQP Flooring and Blinds, Thjoko Paint, That Rock Shop Marble & Granite, PG Bison, Sonae Arauco en Plascon Paint.
Lyn Roux van PG Bison, wat bekend staan as een van Suid-Afrika se grootste vervaardigers van spaanderbord, mediumdigtheid veselbord en dekoratiewe hout-gebaseerde paneelprodukte. Saam met die verteenwoordiger is Megan Witten van Radio Helderberg.
Glen Martin en Mariska Havenga van Plascon, wat mark-toonaangewende verfprodukte vervaardig.
Die pa-en-seun-werkspan Michael (links) en Sarel Connoway het Vrydag by die bekendstelling van die vertoonlokaal hulself met die kreatiewe ruimte vertroud gemaak.
Louis Combrinck, Claudia Malan en Garreth Hunt het ook die geleentheid bygewoon.
Tiaan Greyling, Carol Theron en Christian Serfontein van We Design.
Charl le Roux en Marrion van der Spuy saam met Siegfried Schoonees van Timbuild.



