Die vroue by die Strand Revival Ministry-gemeente het die voorreg gehad om Sencit Resthaven-inwoners op Valentynsdag met ’n bietjie liefde in die vorm van koeldrank, koek en ander lekkernye te bederf. Die vroueleier Cathleen Pieters sê die inwoners het dit besonders geniet. Hulle het geskenkies by wyse van ’n gelukstrekking by die geleentheid uitgedeel. ’n Hartlike dankie word aan die Strandse tehuis uitgestuur.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article