Die Hoërskool Strand se krieket-trots, sy eerste span.


Die Hoërskool Strand (HS) se eerste krieketspan het voorverlede week drie wedstryde gespeel en skoonskip gemaak.

Woensdag het Strand by die Hoërskool Hottentots-Holland (HHH) gaan besoek aflê en die wedstryd met 74 lopies gewen. Die Strand het 170/3 in 20 boulbeurte aangeteken. Jordan Everts het 71 lopies van 58 balle en Daniël Theron 60 lopies van 37 balle gemoker.

Vrydag het die Arende by die Hoërskool Stellenbosch gaan speel en met 72 lopies gewen. Theron het weer eens skitterend gekolf en 52 lopies van 19 balle geslaan. Tyrone Nicholas het ’n baie goeie 30 lopies van 20 balle bygedra. HS het 197/5 in 20 boulbeurte aangeteken en Stellenbosch tot 125 lopies beperk.

Saterdag het Strand teen Hugenote Hoërskool gespeel en met 152 lopies gewen. Die plaaslike span het 217 lopies aangeteken en Hugenote tot 65 lopies beperk. Theron het weer eens die leiding geneem en 77 lopies van 49 balle geslaan. Hy is baie goed deur Nicholas ondersteun wat 31 lopies van 50 balle bygedra het.

Nicholis Martin het uitmuntend geboul en ses paaltjies vir 30 lopies ingeoes.

Theron het nou vyf agtereenvolgende vyftigtalle aangeteken:. 50 lopies teen Parel Vallei. 83 lopies teen ’n Engelse toerspan in Kaapstad. 60 lopies teen HHH. 52 lopies teen HS Stellenbosch, en. 77 lopies teen HS Hugenote.

Die Hoërskool Strand is voorwaar trots op sy krieketspelers.

Bobaas-krieketspelers Daniel Theron en Nicholis Martin.

Daniel Theron en Jordan Everts.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article