Sussies Leila en Clara Dietstein van Somerset-Wes was deel van die kreatiewe genot by The Workshop in die Avenues-winkelsentrum oor die Paasnaweek. Die plaaslike sakeonderneming, wat oop is vir kunstenaars en kreatiewe wesens om uitstallings, geleenthede, weeklikse klasse en werksessies aan te bied, vier April-maandeinde sy eerste bestaansjaar. Oor die afgelope jaar het The Workshop bekendheid verwerf as ’n uitstalruimte en spilpunt vir aktiwiteite. Kleingoed is die afgelope naweek die geleentheid gebied om hul kreatiwiteit in die geselskap van ander in ’n propvol Paasfeesprogram, gefokus op kuns en kunsvlyt, uit te leef. Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article