’n Checkers-winkel open binnekort in Kusweg, Strand, maar daar is geen parkering nie – veral in die somer.

Ek stel voor die stadsraad bou ’n parkeergarage en verhuur parkeerplekke per uur, week of maand.

Wat gaan die stadsraad aan die probleem doen?

Hermanus Meyer,

E-pos

Die wyk 83-raadslid, Carl Punt, bied terugvoer: “Die Strand het twee parkeerruimtes naby die genoemde ontwikkeling. Neem ook kennis dat daar ander parkeerareas binne loopafstand is. Die Stad Kaapstad staan nie in handel om parkeergarages te bou vir private kettingwinkels nie. Die Stad Kaapstad se funksie is om dienste te lewer en seker te maak dat die metro se infrastruktuur in stand gehou, beskerm en verbeter word.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article