Wat is daar om nie om dol te wees oor ’n maklike mikrogolf-melktert nie?

Alle Suid-Afrikaners is lief vir ’n melktert, en alle nie-Suid-Afrikaners wat al ’n melktert geproe het, wil altyd ’n goeie resep hê om saam te neem huis toe! Hier is ’n maklike mikrogolf- melktertresep. Danksy ’n botterige krummelbasis, daardie gladde romerige vulsel en kaneel bo-op, bied dit ’n heerlike balans van geure en teksture.

Bestanddele:

Vir die kors:

  • 1 pakkie klapperbeskuitjies, fyngedruk
  • 125 g botter, gesmelt

Vir die vulsel:

  • 1 F (4 koppies) langlewemelk
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 45 ml (3 e) mielieblom
  • 45 ml (3 e) koekmeel
  • 4 eiers
  • ’n knippie sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 30 ml (2 e) botter
  • kaneelpoeier, om te besprinkel

So maak mens:

Vir die kors: Maak die Tennis- of klapperkoekies fyn en meng goed met die gesmelte botter. Voer die kors in ’n melktertbak uit, druk vas om te verdig en hou in die vrieskas om te stol.

Vir die vulsel: Meng die melk, suiker, mielieblom, koekmeel, eiers en sout goed in ’n bak wat veilig in die mikrogolfoond gebruik kan word. Plaas in die mikrogolf op hoog vir 5 minute en meng goed.

Mikrogolf weer vir 5 minute en meng goed. Voeg die botter by en mikrogolf vir nog 2 minute. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed. Giet die vulsel in die voorbereide beskuitkors, en plaas die melktert in die yskas om oornag te stol. Strooi kaneel oor en geniet dit!

Bron: Food Lover’s Market; resep vertaal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article