Die bekende Helderberer Jak de Priester se Hartkamer is deel van die Drostdy-teater se witwarm Julie-winter-fees.


Die Winter-fees is hier!

Die Drostdy-teater hou hierdie Julie weer winter-fees. Die kaggel sal weer in die “Upstage Lounge” aangesteek word, die gaste met heerlike tuisgemaakte etes bederf word, en natuurlik ’n glas wyn!

Onderdak-ruimtes is onlangs by die teater gevoeg om te verseker dat die reënerige, koue dae wat voorlê, ook ’n warm, droë en huislike atmosfeer vir gehore en kunstenaars kan bied.

’n Heerlike Wintergereg met ’n glas pas-rooiwyn is by die prys ingesluit.

Die Winter-fees duur van 17 tot 24 Julie en die gaskunstenaars is:

  • Koos Kombuis bied aan Kuier met Koos (Woensdag 17 Julie) met ete wat van 18:00 af bedien word en die vertoning wat om 20:15 begin;
  • Richard van der Westhuizen is Terug in die lug (Donderdag 18 Julie). Ete word om 18:00 bedien en die vertoning begin om 20:15.
  • Jak de Priester se Hartkamer is Vrydag (19 Julie) te sien. Die ete is van 18:00 af en Jak se vertoning begin om 20:15.
  • Saterdag (20 Julie) is dit Frank Opperman se beurt met Reunie. Die vertoning begin om 20:15, met ete wat van 18:00 af bedien word.
  • Winand Grundling bied aan A Victor Borge Tribute op Sondag (21 Julie). Die ete word van 13:00 af voorgesit met die vertoning wat om 15:00 begin.
  • Die Ramon Alexander Trio met Leslie Kleinsmith se vertoning volg Maandag 22 Julie. Die ete begin om 18:00 met die vertoning om 20:15.
  • Dinsdag 23 Julie kan die gehoor gereed maak vir Elvis Blue. Die ete by die teater word van 18:00 af bedien en die musiek begin om 20:15.
  • Woensdag 24 Julie bied Anna Davel haar Ver van hier aan met die ete van 18:00 af en Anna wat om 20:15 met haar vertoning begin.

Kaartjies kos R350 per persoon en is by Webtickets of oor die toonbank by Pick ’n Pay se Moneymarkets te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article