Skebengawas ’n drieman-teater-en-werksessietoneelstuk met Darren Johannes, Kayden Links en Michael Ruzvidzo. Dit het die lewe van jong mense in bende-gebiede ondersoek en was ook opvoedkundig. Die stuk is in Julie by die Parel Vallei-toneelfees opgevoer en het dubbele goud gewen, met Johannes wat die Beste akteur-trofee ontvang het. By die Klein Libertas Toneelfees verlede maand (Augustus) het al drie akteurs goud ontvang, en Michael Ruzvidzo het die Beste ondersteunende akteur-trofee gewen. By die ATKV se Tienertoneelfees op 15 Augustus het hulle weer goud ontvang en al drie is as beste akteur in ’n hoofrol benoem. ’n Toer is nou ter sprake danksy die sukses van die toneelstuk. Die seuns bedank me. Theart, Meagan Beukes en mev. Van Wyk vir hul ondersteuning.




