Die spogwyn The Reserve White, wat in 2022 bekendgestel is, is heringestel as deel van die Crown Jewel-versameling, wat die hart en siel van die Morgenster-landgoed verteenwoordig.

Morgenster se fokus bly op sy aandag aan detail van wingerd tot bottel, sowel as die bemeestering van die kuns om wyn te vermeng. Dit is iets waarvoor hul oorlede stigter, Giulio Bertrand, destyds passievol was, en sy nalatenskap leef voort deur sy dogter, Federica, en kleindogter, Vittoria.

Dit is onlangs by die aankondiging van die 2024- Prescient Sauvignon Blanc- Top-10-verslag bevestig, waar The Reserve White 2023 – wat nog vrygestel moet word – 96 punte in die Sauvignon blanc semillon-afdeling behaal het. Hierdie indrukwekkende punt was die hoogste toekenning algeheel, wat Morgenster se verbintenis tot die produksie van wyne van uitsonderlike gehalte bevestig.

The Reserve White 2023, wat na verwagting later vanjaar beskikbaar sal wees, was een van 20 Sauvignon blanc semillon-vermengde inskrywings wat ontvang is. Die wyne is blind geproe (etikette buite sig) deur ’n paneel bestaande uit drie kenners, met punte wat ingevolge die 100-punt-gehalteskaal toegeken is.

Dié wyn is ’n voortreflike mengsel van 60% sauvignon blanc en 40% semillon uit twee gesogte wingerdblokke op die plaas. Op die neus herinner die aromas aan sitrusskil en subtiele speserye, wat gevolg word deur dieper lae wit perskes en kweper. Op die verhemelte is hierdie elegante juweel kompleks en aanloklik met ’n tikkie aanhoudende suurheid en groot verouderingspotensiaal.

Om navraag te doen oor hierdie bekroonde wyn, kontak marketing@morgenster.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article