Hoërskool Strand het Saterdag 7 September die langpad Stilbaai toe aangepak vir die provinsiale ronde van die Allegretto Eisteddfod.
In die drama-afdeling is Meagan Beukes, Jan-Dawid de Clerck, Dornel Fortuin, Micheal Heyns, Jessica Koukaras, Lorette Louw, Xander Mulligan, Danica Olivier, Michael Ruzvidzo en Franko Stevens deur na die Galadag in Stilbaai: die Allegretto Eisteddfod Wes-Kaap se eindronde. In die musiekafdeling het Gabriella Benade, Inge Hanekom, Christiné Kok, Saskia Mc Dilling, Chloe Nel en Emma Truter die skool by die gesogte dag verteenwoordig.
Al die leerders het bo 80% behaal en die Arende het ’n hele paar trofees en medaljes gewen.
Afrikaans Drama-kategorie trofee: Michael Ruzvidzo – Improvisering.
Deelnemers in die Engels Drama-kategorie.
Engels Drama-kategorie trofee: Jan-Dawid de Clerk – Skryf gedig en voordrag
Die sang-Arende wat aan die Eisteddfod deelgeneem het.
Beste Vokale Duet medaljes: Gabriella Benade en Chloe Nel.
Gabriella Benade en Saskia McDilling het trofees in verskeie sang-kategorieë losgesing: Beste senior-sanger trofee (Afrikaans) – Saskia McDilling; Beste senior-sanger trofee (Broadway) – Saskia McDilling; Beste sunior-sanger trofee Beste Junior-sanger trofee (Broadway) – Gabriella Benade.
Boonop het Hoërskool Strand die titel, Allegretto Wes-Kaap Kultuurskool van 2024 gewen Van die wenners sal ook moontlik in die nasionale eindronde in Bloemfontein verskyn.