Die Strand-polisie het ’n ongeluksverslag saamgestel nadat ’n sportnutsvoertuig in ’n botsing met ’n bakkie op sy sy beland het. Luidens ’n Strand-polisieverslag het die botsing omstreeks 14:00 in Lourensrivierweg afgespeel. Die wit Chevrolet-bakkie het na bewering oor die stopstraat op die hoek van Kerk- en Lourensrivierweg beweeg en die wit Kia Seltos het reguit in Lourensrivierweg gery toe die botsing gebeur het. Die bakkie het die regterkant van die motor getref, wat weens die impak omgeslaan het. Die bakkiebestuurder (64) is glo ongedeerd en die motorbestuurder (36) het die botsing met geringe beserings oorleef.Foto: Luke Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article