Ywerige gholfspelers het Vrydag (25 Oktober) hul gholfstokke met entoesiasme geswaai ten bate van Duane Wagenaar, ’n dapper driejarige wat vir die tweede keer teen kanker veg en hulp nodig het (“Help Duane met sy kankerstryd”, DistriksPos & Helderberg Gazette, 16 Oktober). Die gholfdag het by die Greenways-gholflandgoed in Strand plaasgevind en ’n tombola, putjie-kompetisie en sproei- en shavathon vir die dapperes ingesluit. Daar was ook ’n veiling met wegbreekvakansies en sport-memorabilia vir die hoogste bieër. Die opbrengste wat duisende beloop het gaan vir Duane se stryd teen akute limfoblastiese leukemie by kinders. Op die foto is die dapper driejarige Duane saam met sy ouers, René en Pieter Wagenaar.Foto: Jamey Gordon


Deelnemers kon nie net ’n potjie gholf in die samesyn van vriende en vir ’n goeie doel geniet nie, maar ook by DKMS-verteenwoordigers registreer om stamselle te skenk vir bloedkanker- en -afwykingspasiënte. Die DKMS-span, wat ’n stalletjie by die gholfdag beman het, is Yolanda Jizana, Justin van Wyk en Nhlanhla Mhlanga.

Jason van Zyl, Dewald Human, Eckhardt Reitz en Ruben Theart, almal verteenwoordigers van Next Level Painting en MD Roofing, het ’n vierbalspan ingeskryf en so hul ondersteuning aan die geldinsamelingsinisiatief verleen.

Yolanie Jordaan en die organiseerder van die gholfdag, Launa Cronje, met ’n vierpotige vriend wat ook deel van die pret was.

Laat hy val waar hy wil! TVZ Financial Planning se Antoni van Zyl, Marco van Zyl en Shawn Muller het ’n koue een geniet nadat hulle die gholfbaan aangedurf het.

Riana Schwemmer, Johan Fourie, Hannes Billingan en Leo Schwemmer van Yellow Metal Solutions was slaggereed om af te slaan.

Lourens Nel en Willem Verster was onder die gholfspelers wat geld ten bate van die dapper kleuter se kankerstryd losgeslaan het.

Salon Elan se Mandy Cloete en Alzaine Davids het gholfers wat dapper genoeg was om hul hare te laat sproei of skeer, met die uitdaging gehelp.

Dewald Human was een van dié wat ’n bok vir sports was en met helder oranje hare gepronk het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article