Die Rusthof Projek Betrokkenheid-komitee (PBK) sal op Saterdag 11 Desember ’n vergadering hou om terug te rapporteer oor die vordering van die Rusthof behuisingsprojek.
Die vergadering vind om 17:30 by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool wat in Abattoirstraat geleë is, plaas.
Alle persone wat moontlik op die behuisingswaglys is, word uitgenooi om die vergadering by te woon.
Die PBK sal belangrike inligting oor die projek deel en vrae van die gemeenskap beantwoord.. Vir meer inligting, bel vir John Pretorius by 063 804 3333.



