Die BT Blizzards, ’n raakrugby-klub van Firgrove, het Saterdag (30 November) nuwe truie ontvang ter voorbereiding vir die nuwe seisoen. Die span se kaptein, Samuel Jantjies, beskryf dit as ’n welverdiende beloning vir die span se harde werk in die vorige seisoen. Volgens hul bestuurder, Arnold “Major” Arendse, is die truie spesiaal ontwerp met insette van die spelers en weerspieël dit hul identiteit sowel as Firgrove se trots. Die BT Blizzards, wat in 2018 gestig is, neem in hul derde agtereenvolgende jaar aan die Hot Summer of Touch-strandrugbyreeks se Uitdagerreeks deel. Die span se afrigter, Reduwaan Scheepers, is vol selfvertroue en glo hierdie seisoen kan die span se opgang na die Pro-reeks verseker. Agter (van links) is Arnold Arendse (bestuurder), Nathan Botha, Ethan Adams, Roberto Adams en Reduwaan Scheepers (afrigter). Voor: Emmanuel Williams, Derantic Chassels, Samuel Jantjies (kaptein), Miguel Swartland en Latenio Anthony.Foto: Barend J. Williams


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article