Die gelukkig getroude paartjie op hul troudag. Foto: Amy Arendse Photography

Van hartseer tot hoop: Paartjie se onvergeetlike troue by Ongegund


Nadat ‘n jong paartjie van Gordonsbaai deur ‘n onbetroubare trouvenue bedrieg is, het dit vir ‘n oomblik gevoel asof hul droomtroue in duie gestort het – ‘n hartseer werklikheid wat ongelukkig ook ander paartjies geraak het.

Ten spyte van die teleurstelling en die verlies aan vertroue, het hoop weer opgevlam by Ongegund Conference & Lodge in Sir Lowry’s Pass – ‘n ware versteekte juweel in die Helderberg. Marsha Gertze en haar span het buitengewone moeite gedoen om seker te maak dat die paartjie steeds hul spesiale dag in styl en liefde kon vier.

Die elegante dekor deur Magical Bloom het die venue in ‘n sprokiesagtige ruimte omgeskep, terwyl Ebony & ­Ivory Catering se uitsonderlike disse gaste behoorlik beïndruk het. Stefan Oosthuysen het hom werklik oortref met kos van hoogstaande gehalte en uitstekende diens. Die troue is verder afgerond met rustige ­oornagverblyf, asemrowende uitsigte en ‘n heerlike ­ontbyt – ‘n herinnering aan hoe mooi liefde en gemeenskap steeds kan seëvier, selfs ná moeilike tye. Ongegund Conference & Lodge word met trots aanbeveel vir enige paartjie wat op soek is na professionaliteit en ‘n onvergeetlike trou-ervaring.

Britney Leitch,

E-POS

Ramp word droomtroue.
Teen alle verwagtinge vier die bruidsgeselskap ‘n onvergeetlike dag vol liefde en vreugde by Ongegund Conference & Lodge in Sir Lowry’s Pass. Foto: Amy Arendse Photography
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article