Gemeenskapslede stap hand aan hand deur strate tydens gestremdheidsbewustheidsstap.
Deelnemers stap hand aan hand deur die strate van Rusthof tydens die tweede “Walk for Disability”.

Die sukses van die eerste “Walk for Disability” in Mei vanjaar het Gadija Latief aangespoor om die Rusthof-gemeenskap weer eens byeen te roep. Hierdie keer was dit op Saterdag 6 Desember vir ‘n groter en beter uitstappie.

Gemeenskapslede stap hand aan hand deur strate tydens gestremdheidsbewustheidsstap.
Deelnemers stap hand aan hand deur die strate van Rusthof tydens die tweede “Walk for Disability”.

Aktiviste en vrywilligers het ná die oorweldigende reaksie op die eerste stap op 17 Mei in nog groter getalle uitgekom. Hulle het nie net saam met mense met gestremdhede gestap nie, maar ook saam met bejaardes.

Die groter geleentheid het inwoners van oral in Strand gelok wat hand aan hand deur die strate gestap het. Vir diegene wat nie fisiek aan die stap kon deelneem nie, is ‘n bus voorsien.

Gemeenskapsbelanghebbendes soos die Strand-polisie en die Rusthof-buurtwag het ook ondersteuning gebied.

Organiseerder Gadija Latief, raadslid Chantal Cerfontein, polisie-offisier Nico Beukes en Emsie Meyer tydens stap.
Van links is die organiseerder Gadija Latief, die wyk 85-raadslid Chantal Cerfontein, adjudant-offisier Nico Beukes van die Strand-polisie en Emsie Meyer tydens die tweede “Walk for Disability”.

“Die geleentheid was om te beklemtoon dat baie mense in ons gemeenskap met gestremdhede leef en te dikwels word hulle vergeet of oor die hoof gesien,” sê Latief.

Chantal Cerfontien, Wyk 85-raadslid, het die skare toegespreek.

As waardering het Latief ‘n gesonde ontbyt en klein geskenkies vir deelnemers voorberei. Sy beplan ook reeds die volgende stap-geleentheid.

ong en oud stap saam tydens tweede Walk for Disability in Rusthof.
Jong en oud verenig vir die tweede “Walk for Disability” in Rusthof waar niemand agtergelaat word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article