GBV-bewusmakingsdag by Gordonsbaai-strand met pamflette en boereworsbroodjies-verkoping op 29 November
Gemeenskappe in die Helderberg het die afgelope week saamgestaan in ‘n kragtige vertoon van solidariteit tydens 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders nie.
Vier optogte en bewusmakingsaksies het van Dinsdag 25 tot Saterdag 29 November in Gordonsbaai en Strand plaasgevind.
Die aksies het op Dinsdag 25 November, die amptelike begin van die nasionale veldtog, ‘n hoogtepunt bereik toe twee gelyktydige optogte gehou is. Die Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging (ACVV) se Strand-tak het ‘n optog van Strand-treinstasie na die polisiestasie gelei. FOTO’S: Barend WilliamsGordonsbaai-polisie se geestelike misdaadvoorkomingseenheid het terselfdetyd ‘n gebedsstap van Rooiplein na Bikinistrand aangebied. Foto: VerskafWoensdag 26 November het die Helderberg-kinderbeskermingsforum geslagsgebaseerde geweld (GBG) in Broadlands Park aangespreek met ‘n optog vanaf Rusthof Sekondêre Skool deur Petunialaan en Fernstraat. Deelnemers het pamflette oor geslagsgebaseerde geweld en kindermishandeling uitgedeel.AO Nico Beukes, Strand-polisie se koördineerder vir maatskaplike misdaadvoorkoming, het die toepaslikheid van die optog in Broadlands Park verduidelik aangesien die gebied die grootste bydraer tot geweldsmisdaad in die polisiekantoor se gebied is. Beukes, wat by albei optogte gespreek het, het op Dinsdag tydens die optog erken dat geslagsgebaseerde geweld ‘n probleem in Strand is, en Woensdag het hy mans gemaan om teen die verskynsel op te staan.Charlotte Elizabeth Darries, inwoner van Broadlands Park, het haar persoonlike verhaal gedeel om die realiteite van gemeenskapsgeweld te beskryf.Die laaste optog het Saterdag 29 November by Gordonsbaai-strand plaasgevind toe die polisie se geestelike misdaadvoorkomingseenheid ‘n geslagsgebaseerde geweld-bewusmakingsdag aangebied het. Lede van die polisie, Gordonsbaai Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), plaaslike kerke en vroue-organisasies het pamflette uitgedeel.
Die geleentheid het ‘n dubbele doel gedien – bewusmaking én fondsinsameling deur die verkoop van boereworsbroodjies vir Goeie Hoop, ‘n kinder- en jeugsorgsentrum in die gebied.
Die week se aktiwiteite het verteenwoordigers van verskeie organisasies betrek. Deelnemers was in swart en pers geklee as simbool van ondersteuning vir slagoffers van geweld.
Die optrede beklemtoon die groeiende samewerking tussen gemeenskapsorganisasies, veiligheidsmagte en welsynsorganisasies om misdade aan te spreek wat nie net die Helderbergkom teister nie, maar die kwesbaarste lede van die samelewing landswyd raak.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews op WhatsApp or scan the QR code for instant access.
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs op this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Functional
Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes.The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance op the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user op a website or across several websites for similar marketing purposes.
You must be logged in to post a comment.