
Die Ingrid Jonker-gedenkteken by Gordonsbaai-strand is deur die plaaslike inwoners en Afriforum-Helderberg-lede Hanli Stander en Nellie Meyer gedurende Erfenismaand herstel.
Stander, wat daagliks verby die verweerde monument stap, het die inisia-
tief begin. “Ek het ter herdenking van Erfenismaand gedink hoekom kan ek nie die monument restoureer nie?” verduidelik sy.
Meyer het die fisieke herstelwerk onderneem โ roes afgeskuur, gegalvani-
seerde verf gespuit en ‘n nuwe plaat gemaak. Sy het haar tevredenheid met die uitkoms uitgespreek: “Ons is in ons noppies en ons sal kyk wat ons nog namens Afriforum kan doen.”
Stander het haar dankbaarheid aan haar handlanger, Grey Reed, vir sy hulp met die projek, wat drie dae geneem en R500 gekos het, uitgespreek. Die gedenkteken, ontwerp deur die kunstenaar Tyrone Appollis, beeld ‘n driewiel uit โ ‘n verwysing na Jonker se gedig “Die kind wat deur soldate doodgeskiet is by Nyanga”.
Die restourasie verseker en vereer die gevierde digter se nalatenskap.






You must be logged in to post a comment.